IFLA

As of 22 April 2009 this website is 'frozen' in time — see the current IFLA websites

This old website and all of its content will stay on as archive – http://archive.ifla.org

IFLANET home - International Federation of Library Associations and InstitutionsActivities and ServicesSearchContacts



IFLA Conference

World Library and Information Congress: 73rd IFLA General Conference and Council

"Libraries for the future: Progress, Development and Partnerships"

19-23 August 2007, Durban, South Africa


English translation

Oproep vir Verhandelinge

Genealogie en Plaaslike Historiese Afdeling, tesame met die IFLA Oudiovisuele en Multimedia Afdeling

Tema: Nie skriftelike stories - plaaslike en familie geskiedenis, verby die geskrewe woord

Die IFLA Genealogiese en Plaaslik Historiese Afdeling, tesame met die IFLA Oudiovisuele en Multimedia Afdeling, hou volgende jaar, in Durban 'n Ope Sessie op bogenoemde tema.

Vir baie duisende jare het gemeenskappe die geskiedenisse van hul families en plekke sonder die gebruik van die geskrewe word opgeteken. "Pre- literêre" kulture het die beeld, musiek en mondelingse tradisies ingespan om tot op hede hul vertellings te bewaar en oor te dra. Daar bestaan 'n argument dat moderne gemeenskappe nou 'n "post literêre" stadium binnegaan, waar multimedia tegnologie tot op 'n punt gevorder het waar die vermoë om die geskrewe woord te kan lees, onnodig word.

Ons sessie sal die rol van biblioteke bespreek in terme van die versameling en verwerking van oudiovisuele plaaslike en familie geskiedenis materiaal.

Die oorkoepelende teme van die 2007 Wêreld Biblioteek en Informasie Kongres is "Biblioteke vir die toekoms: Vooruitgang, Ontwikkeling en Vennootskappe" en ons programme sal die volgende bespreek:
  • Vooruitgang wat gemaak word deur biblioteke in die versameling en verwerking van familie geskiedenisse sonder die gebruik van die geskrewe woord
  • Ontwikkelings wat waarde, tot bestaande historiese versamelings van klank- opnames, rolprente, grafiese en artifakte, toevoeg, deur gemeenskappe te betrek om stories wat op hulle van toepassing is te ontsluit.
  • Vennootskappe tussen biblioteke, argiewe, museums en plaaslike gemeenskappe te sluit ten einde hierdie stories "sonder die geskrewe woord" vanaf die ouere geslag na die nageslag oor te dra in 'n multimedia era.

Die status van Suid Afrika as een van die mees ontwikkelde lande op die kontinent, gekoppel aan sy ryk en uitstaande mondelingse en visuele erfenis, maak van Durban die ideale bestemming vir 'n sessie soos hierdie.

Voorstelle word derhalwe versoek vir verhandelinge wat die tema "nie skriftelike stories: plaaslike en familie geskiedenis verby die geskrewe woord".

Stuur asseblief 'n volledige opsomming, in Engels, van die voorgestelde verhandeling ( 1 Bladsy of ten minste 300 woorde), plus kort biografiese informasie van die outeure, teen
15 Januarie 2007, e-pos aan:
Janice McFarlane j.mcfarlane@nls.uk

Dié verhandelings sal deur 'n kommitee, bestaande uit lede van die Genealogie en Plaaslike Geskiedenis en die Oudiovisuele en Multimedia Afdeling, oorweeg word.

Suksesvolle voorstelle sal teen 31 Januarie 2007 identifiseer word.

Volledige verhandelings sal teen 15 April 2007 ingehandig moet word ten einde genoegsame tyd daar te laat vir die hersiening en oorweging daarvan asook die voorbereiding van vertalings.

Elke volle verhandeling moet 'n oorspronklike voorlegging wees,wat nêrens anders gepubliseer is nie, en moet nie meer as 20 dubbelgespasieerde A4 bladsye beslaan nie. Die verhandeling moet in een van die offisiele tale geskryf wees.

Ten minste een van die verhandeling se outeurs moet onderneem om teenwoordig te wees by die kongres ten einde 'n opsomming (Tot 20 minute) te gee en vrae te beantwoord.

Dit word gehoop dat gelyktydige vertaling beskikbaar sal wees vir hierdie sessie, maar daar word sterk aanbeveel dat die verhandeling - skyfies in Engels moet wees, ten spyte van die feit dat die verhandeling in een van die ander offisiele IFLA tale voorgedra word. Outeurs, tesame met hul mede outeurs, sal aan die einde van die program genooi word om aan 'n paneelbespreking deel te neem.

Die aard van hierdie sessie se onderwerp verleen homself tot audio en visuele projeksies. Die Kommittee sal voorstelle, wat die gebruik van sulke materiale aanbied, verwelkom en sal poog om te verseker dat die nodige tegnologie op die dag beskikbaar is.

*LET OP dat geen Seksie voornemende Outeurs met fondse kan bystaan nie: uittreksesl kan alleenlik aanvaar word onder die verstandhouding dat die kostes ( ingesluit reis en verblyf sowel as konferensiefooie), om die Durban konferensie by te woon, die uitsluitlike verantwoordelikheid van die Outeur/Aanbieder van die goedgekeurde verhandelinge. Sommige nasionale proffessionele instansies sal miskien hulp kan verleen om sekere kostes te befonds en 'n klein hoeveelheid bewilligings vir konferensie bywoning kan op:
http://archive.ifla.org/III/members/grants.htm aangevra word.